Christiaan IV | |
---|---|
Koning van Denemarke en Noorweë | |
Portret deur Pieter Isaacsz.
| |
Tydperk | 4 April 1588 – 28 Februarie 1648 |
Voorganger | Frederik II |
Opvolger | Frederik III |
Huis | Oldenburg |
Vrou | Anna Katharina van Brandenburg Kirsten Munk |
Vader | Frederik II |
Moeder | Sofie van Mecklenburg-Schwerin |
Gebore | 12 April 1577 |
Oorlede | 28 Februarie 1648 (op 70) |
Christiaan IV (Deens: Christian den Fjerde; 12 April 1577 - 28 Februarie 1648) was van 1588 tot 1648 koning van Denemarke en Noorweë en Hertog van Sleeswyk en Holstein. Sy bewind van 59 jaar is die langste van enige Deense of Skandinawiese koning.
Christiaan het sy persoonlike bewind in Denemarke in 1596 in die ouderdom van 19 begin as lid van die Huis van Oldenburg. Hy word dikwels onthou as een van die gewildste en mees ambisieuse Deense konings. Hy het baie hervormings en projekte deurgevoer en ’n vlak van vooruitgang en rykdom gehandhaaf wat feitlik ongeëwenaar was in Europa.[1] Hy het talle oorloë onderneem, waarvan die belangrikste die Dertigjarige Oorlog (1618–'48) was – dit het ’n groot deel van Duitsland verwoes, die Deense ekonomie ondermyn en Denemarke sommige van sy verowerde gebiede gekos.[2]
Christiaan het die Noorse hoofstad, Oslo, hernoem tot "Christiania" na homself; die naam is tot in 1925 gebruik.